blouwillem.co.za
Stories en gebeure.....                                           

Die boek

 

 

 

Blouwillem neem in Willer Blouwillestories onder andere seerowers onder die loep, hy besin oor Charlize se lewensverhaal, munt die Groot Vier en identifiseer Daai Kyk. Ook evalueer hy die dienste van ’n dokter wat spesialiseer in “getoorde en mal mense, terug keering van verlore 

 

boyfriend/girlfriend, geswelte voete”. Blouwillem se aanhangers sal dit nou nie glo nie maar hy het al ’n roerende toespraak gelewer by ’n Swapo-rally en die dors met net ’n rooi Sparletta besweer. 

WILLER BLOUWILLESTORIES - DEUR BLOUWILLEM, WILLEM THERON           

Hierdie bundel bied waardevolle wenke vir diegene wat ’n leerlingbestuurderslisensie moet bekom. Nee, ’n pedofiel is nie ’n onderwyskwalifikasie nie. En ja, en as jy jou binnekort in ’n wildreservaat gaan bevind, loop maar lig vir die luiperd-zip. En so. Kommentaar by die ter perse gaan:


• ’n Skandvlek, ja, ’n skandvlek, op ons trotse volkskultuur van sedelikheid en soberheid. – Dr. Gotlieb Antonie Posthumus, Voorsitter (postuum) van die Kommissie vir Uitsetting van Ongewenste en Onnodige Persone
• The cynical approach of this Blouwillem to matters that are crucial to the health of this democracy fills one with horror. Thankfully I have some beetroot at hand. – Maantoe Shabalalalala Miesiesbang
• Ou botterbulletjie, jy kan maar nog ’n dop vat of nog een van daai lawwe grappies van jou vertel, ek sien jou later by die huis! – Vroulief 

Prys: R130-00 plus R20-00 posgeld. Bankbesonderhede: WA Theron, ABSA bank, rek no 712316616, Lynnwoodrif 334745. Verwysing u voorletters en van. Stuur die vorm hier onder met bevestiging van datum van inbetaling.